Belydennisskrif

THE FULL FAMILY MINISTRIES
Belydenisskrif

1. Ons glo in die Skrif se Ou en Nuwe Testamente soos vervat in die Heilige Bybel, in sy oorspronklike vorm, as volledig geïnspireer deur God en ons aanvaar dit as die opper- en finale gesag vir geloof en die lewe.
2. Ons glo in een God, wat in ewigheid bestaan in drie Persone  -  Vader, Seun en Heilige Gees.
3. Ons glo dat Jesus Christus uit die Wil van die Vader ontstaan het, deur die Heilige Gees bevrug, uit die maagd Maria gebore, en terselfdestyd waaragtig God en waaragtig mens is.
4. Ons glo dat God die mens na Sy beeld geskape het; dat die mens gesondig het en daardeur sonde oor homself en die wêreld gebring het en daardeur die fisiese en geestelike dood oor homself gebring het; dat alle mense hierdie sondige natuur geêrf het, wat teweeg bring (in die gaval van hulle wat morele verantwoordelikheid neem) dat oortredinge gepaard gaan met persoonlike skuld.
5. Ten opsigte van seksuelaliteit glo ons in teenoorgestelde geslagsverhoudings tussen `n man en `n vrou, asook selfde-geslagsverhoudings tussen `n man en `n man, en `n vrou en `n vrou, binne die riglyne van monogamiese, getroue, respekvolle verhoudings wat uitloop op `n wettige huwelik.
6. Ons glo dat die Here Jesus Christus volgends die Skrif vir ons sonde as plaasvervangende (soen) offer gesterf het, en dat almal wat in Hom glo op grond van Sy bloedoffer, geregverdig is.
7. Ons glo in die geboorte van Jesus Christus, sy dood aan `n Romeinse kruis, Sy begrafnis, Sy wederopstanding uit die dood, Sy opvaring na die Hemel, en Sy huidige lewe as ons Hoë Priester en Advokaat by die Vader in die hemel.
8. Ons glo in die persoonlike fisiese wederkoms van die Here Jesus Christus.
9. Ons glo dat almal wat hulle sonde bely en die Here Jesus persoonlik aanneem, deur geloof, wedergebore is deur die Heilige Gees en daardeur kinders van God word.
10.Ons glo in die doop in die Heilige Gees, wat ons as gelowiges bemagtig en toerus vir diensbaarheid, saam met die gepaardgaande bonatuurlike gawes van die Heilige Gees, en die gemeenskap van die Heilige Gees. Ons glo in die goddelike instelling van die bedienings van die Apostel, Profeet, Evangelis, Pastoor en Leëraar, en dat God hierdie bedienings na Sy goeddunke mag aanwend in die werksaamhede van hierdie bediening.
11.Ten opsigte van onderwerping aan gesag, glo ons dat die beginsel van ‘staan onder gesag’ op ons almal van toepassing is, omdat ons almal onder gesag staan. Daarom is dit in orde dat lidmaatskap tot The Full Family Ministries onderhewig sal wees aan die onderwerping aan gesag met betrekking tot Bedieningsaangeleenthede waar Kerkorde, Leerstellings en die 
persoonlike gedrag van die Pastoor, die Kerkraad, en die Kerklidmate wie se name in die kerkregister opgeneem is by toetrede van lidmaatskap, van toepassing is.
12.Ons glo in die wederopstanding van beide die regverdiges en die onregvesrdiges, die ewige seën vir die regverdiges, en die ewige verderf vir hulle wat die aanbod van redding werwerp het.
13.Ons glo dat die een ware Kerk die volle gemeenskap uitmaak van die hulle wat Jesus Christus se verlossing aangeneem en deur die Heilige Gees nuutgemaak is. Dat die plaaslike kerk op aarde sy karakter en aard verkry vanaf die konsep soos dit gestel is in die Boek Handelinge en daarom ag ons die wedergeboorte en persoonlike belydenis van Jesus Christus 
noodsaaklik tot Kerklidmaatskap.
14.Ons neem in ag dat hoewel die Kerk as liggaam nie voorskriftelik is t.o.v. `n bepaalde denominasie nie, moet die Pastoor, elke Kerkraadslid, Diaken en Kerklidmaat `n lidmaat van die Full Family Minnistries wees.
15.Ons glo dat Tiendes en Vrywillige Offerhande Bybels is en dat God die gewer se se blyke van gehoorsaamheid oor die wet van saaityd, wagtyd en oestyd seën.
16. Ons glo dat die Here Jesus Christus `n opdrag vir die instandhouding van slegs twee verordeninge gegee het: die Doop in water en die Heilige Nagmaal. Dit moet gehou en eerbiedig word as blyke van gehoorsaamheid en as ewigdurende getuienis tot die fisiese uitlewing van ons Christelike geloof. Ons glo dat die doop die onderdompeling van elke gelowige in water behels as `n verklaring en belydenis van eenwording met Christus in Sy dood en wederopstanding. Ons glo dat ons die Heilige Nagmaal in stand moet hou deur die simbole te gebruik as heenwysing na ons Redder se gebroke liggaam en bloed wat gegiet is, ter nagedagtenis van Sy offerdood todat Hy terugkeer.
17.Ons glo dat gelowige ouers van kinders aangemoedig moet word om hulle kinders te bring vir Opdraging aan ons Here en Redder, Jesus Christus.
18.Ons glo dat goddelike genesing in die Ou en Nuwe Testament voorsien is, en `n integrale deel van die Evangelie vorm.
19.Ons glo in die heiligheid van lewe vanaf die oomblik van konsepsie. Daarom respekteer ons God se mandaad wanneer dit kom by die gee en neem van lewe.
20.Ons glo dat die Bybel ons leer dat sonder om heilig te wees, geen mens God eendag sal kan aanskou nie. Ons glo in die leerstelling van Heiligmaking as `n gegewe. Tog besef ons dat dit `n aaneenlopende proses van genade is, wat begin tydens die oomblik van die wedergeboorte en sal voortduur tot dit tot volle wasdom kom in redding.
21.Ons glo dat The Full Family Church oop en ontvanklik is vir verdere waarheid wat die Heilige Gees uit die Skrif aan ons mag toelig.

--o0o—